English/Afrikaans
Tuisblad Biologiese vliegbeheer Luci Trap vir Skaap brommerbeheer Nylon Wolsakke Kontak ons

KEN JOU VRIEND, DIE VLIEG PARASITOID: Muscidifurax raptor

PARASITOIDES GETEEL IN SUID-AFRIKA MET `N BEWESE VERMOE OM VLIEë ONDER SUID-AFRIKAANSE TOESTANDE TE BEHEER!!

Voorkoms

Muscidifurax raptor is `n klein wesp, omtrent 1 - 2 mm lank. Dit is hoofsaaklik naglewend, mieragtig en verkies om te loop eerder as om te vlieg. Hulle versprei maklik tot 50 meter ver. Hierdie parasitoid kan `n aantal vliegspesies doeltreffend parasiteer, waaronder die belangrike huisvlieg, stalvlieg en ander ge-assosieerde vliegspesies.

Bykomend tot die baie effektiewe Muscidifurax raptor, is ander Muscidifurax spesies en parasitoides soos Nasonia spesies ook belangrik.

Lewenssiklus

Die volwasse parasitoid steek die vliegpapie, dood dit in die proses en lê haar eiers in die vliegkarkas binne die papie. Die eier broei uit en die parasitoid larwe ontwikkel in die vliegpapie. Na 19 - 21 dae kom volwasse parasitoides uit vliegpapies te voorskyn en begin op hul beurt hul soektog na vliegpapies om op te voed en hul eiers in te lê.

Selfs indien die parasitoid net die vliegpapie steek vir voeding, word die ontwikkelende vlieg in die papie gedood.

Habitat

Melkerye, vark-en hoender-eenhede en enige area waar vlieë voorkom en uitbroei.

Hoe werk die program?

- Parasitoides word in die Insektarium geteel en in eenhede van 5 000 verpak vir versending na kliënte.

- Die parasitoides word in die papie-fase op aktiewe vliegbroeiplekke by die kliënt losgelaat.

- Dit vorm deel van `n geïntegreerde vliegbeheerprogram, daarom moet volwasse vlieë beheer word.

- Geen chemiese gifstowwe, behalwe larwesides met Cyromazine as effektiewe bestanddeel word naby die parasitoides toegelaat nie.

- Parasitoides moet vrygelaat word waar dit beskut is teen voëls, bewegende diere en chemiese besoedeling.

NB. Hou in gedagte dat hierdie `n langtermyn program is waar sukses met die nodige toewyding verkry word. Na meer as 40 jaar van suksesvolle gebruik in lande soos Amerika en Kanada, dui hierdie tegnologie ook vir Suid-Afrika die rigting vir vliegbeheer aan!


Voordele van biologiese beheer

- Dit is die natuur se manier vir vliegbeheer.

- Vlieë raak weerstandig teen chemikalië, maar nie teen die wespe nie.

- Chemikalië dood ook voordelige organismes soos kewers, spinnekoppe en voëls - die mens se vriende in plaagbeheer.

- Almal verkies `n langtermyn oplossing - nie slegs sporadiese doodmaakprosesse nie.

- Parasitoides sal op jou eiendom vermeerder en is nie gevaarlik vir enigiets behalwe vlieë nie. Dit is op die lang termyn koste-effektief en baie gebruikersvriendelik.

- Die loslating van parasitiese wespe is `n maklike en skoon metode van vliegbeheer, selfs op moeilik bereikbare plekke.

Terug