English/Afrikaans
Tuisblad Biologiese vliegbeheer Luci Trap vir Skaap brommerbeheer Nylon Wolsakke Kontak ons

BIO-INSECTARIES SOUTH AFRICA (BISA) is `n Beslote Korporasie wat in 2005 gestig is met die hoofdoel om biologiese vliegbeheer tegnologie in Suid-Afrika te kommersialiseer.

`n Moderne, goed toegeruste insektarium is naby Jeffreysbaai opgerig vir die produksie van geparasiteerde vliegpapies vir verspreiding aan die groot verskeidenheid lewende hawe boerdery-ondernemings in Suid-Afrika. Die BISA insektarium word bestuur deur die Entomoloog, Willem du Toit en sy vrou Tertia du Toit, met baie jare se ervaring van insekteling onder Suid-Afrikaanse toestande.

BISA het ook bande met die Nasionale Wolkwekers Vereniging van Suid-Afrika. BISA se produkreeks sluit daarom ook die "Luci-trap" biologiese skaapbrommer beheerstelsel, asook Nylon wolsakke vir die verpakking van wol vir die Suid-Afrikaanse skeersel in die węreldmarkte in.

BISA het sewe aandeelhouers met `n Raad van Direkteure vir die algemene bestuur van die besigheid.