English/Afrikaans
Tuisblad Biologiese vliegbeheer Luci Trap vir Skaap brommerbeheer Nylon Wolsakke Kontak ons

NYLON WOLSAKKE

Vir mededinging in die wêreldmark is dit noodsaaklik dat Suid-Afrikaanse wol, soos in ander wolproduserende lande, in Nylon wolsakke verpak en bemark moet word. Die Suid-Afrikaanse Wolbedryf het hieroor standpunt ingeneem en besluit dat alle wol vanaf Julie 2007 in Nylon wolsakke verpak moet word.

Konvensioneel word nylonsakke na Suid-Afrika ingevoer en teen relatief hoë pryse aan wolprodusente verkoop. `n Verswakkende Rand sal invoerpryse verder verhoog.

Om hierdie redes het Natwool Trust en BISA met die Suid-Afrikaanse vervaardiging van hoëgehalte, bekostigbare nylon wolsakke begin. Hierdie inisiatief was `n sukses. Die Natwool/BISA wolsak is aan intense praktiese toetse onderwerp en het uitstekend gevaar. Dit is ook getoets deur die Suid-Afrikaanse Woltoetsburo waar die toetsresultate die norme vir sterkte volgens SABS 1860 vir wolsakke oortref het. Die afmetings van die wolsak is gerig op gemak van hantering en is in lyn met bedryfsvereistes vir probleemvrye hantering van wolbale.

Duisende van hierdie sakke is reeds gebruik en kliënte het hul tevredenheid met die produk openlik uitgespreek.

WOLSAKKE VERVAARDIG IN SUID-AFRIKA VIR SUID-AFRIKA!!

Terug