English/Afrikaans
Tuisblad Biologiese vliegbeheer Luci Trap vir Skaap brommerbeheer Nylon Wolsakke Kontak ons

Luci Trap

Brommeraanvalle kos die land na raming R40 miljoen per jaar. 'n Ooi wat 'n brommeraanval gehad het sal moeilik ramvat, minder wol van 'n heelwat swakker gehalte produseer en een van baie ooie wees wat individuele behandeling teen hoë kostes moes kry.

Lucilia cuprina Brommer

  1. Die Lucilia cuprina is die belangrikste aanvalsbrommer in Suid Afrika.
  2. Die primêre aanvalsbrommer teiken lewendige wolskape wat as 'n verkieslike proteienbron vir hulle larwes dien.
  3. Brommereiers broei binne 8 uur nadat dit gelê is uit.
  4. Die larwe begin dadelik op die veloppervlakte voed en skei die kenmerkende slegte reuk af wat op sy beurt sekondêre brommers na die skaap (protein bron) lok.
  5. Die sekondêre brommers wat die meeste skade berokken teer selfs op Lucilia larwes.
  6. Die larwe ontwikkel na ongeveer 3 tot 4 dae in 'n papie waarna dit van die skaap afval.
  7. Onder ideale humiede toestande by temperature van nagenoeg 10 °C kan 'n volwasse brommer binne 6 dae nadat die papie op die grond geval het uitbroei.
  8. Dae later sal die wyfies begin eiers lê.
  9. Lucilia cuprina lê nagenoeg 1000 tot 3000 eiers in haar leeftyd van ongeveer 21 dae.

Brommerbeheer met LuciTrap

  1. Die LuciTrap produk is deur die Departement van Primêre Industrië en die Queensland Universiteit in Australië ontwikkel
  2. Elsenburg het die valle onder plaaslike toestande evalueer. Ondersoeke het getoon dat brommerpopulasies doeltreffend deur die sisteem onderdruk word.
  3. Die doelwit met die valle is dus om die populasie ontploffings wat seisoenaal voorkom te onderdruk en die gebruik van skadelike chemikalië te beperk.
  4. Die lokval is ontwerp om die spesifieke brommer te lok en te vang. Onder plaaslike toestande bestaan 96% van die brommers wat gevang word uit Lucilia cuprina's, die primêre brommer.

Belangrik:
Die produk is 100% omgewingsvriendelik en daar is geen manier dat weerstand opgebou kan word nie. Die brommers word deur keëlvormige gaatjies in die deksel van die lokval na binne gelok waar hulle binne ure van dors vergaan. Die produk is ontwikkel om chemiese besoedeling te beperk en om die bemarkbaarheid van wol te verhoog. Dit is 'n noodsaaklike instrument wat aan Europese markvereistes voldoen.

Aanbeveling

Lokaas word twee keer per jaar vervang. Wanneer dit gebeur moet die bak skoongemaak en uitgewas word. Brommers gaan makliker in 'n skoon deursigtige ruimte in.

Praktiese inligting en die plasing van LokValle (Wes-Kaap waarneming)

  1. 'n Brommer vlieg na raming nie meer as 4 km oor haar leeftyd nie. Haar reukafstand is nog nie bepaal nie.
  2. Die lokvalle word op 'n hoogte van nagenoeg 1.2 meter teen heining pale vasgemaak. Brommers vlieg min of meer op dié hoogte.
  3. Brommers lewe van stuifmeel en water en hulle hou derhalwe van laagliggende en vlei gebiede. Plekke waar daar dikwels met skape gewerk word is gewild.
  4. 'n Brommer gaan sit as die wind waai en kan 'n rede wees waarom minder brommers in hoogliggende gebiede op plase gevang word. Min brommers word gevang waar valle aan bome vasgemaak is en waar dit by plekke opgesit word waar dooie skape weggegooi word.
  5. Die Australianers beveel aan dat een lokval per 100 ooie uitgeplaas word. Onder Wes-Kaap omstandighede is ons suksesvol deur valle ± 1.5 km. uitmekaar op te sit wat min of meer op die 1:100 verhouding neerkom.
  6. Elke plaas verskil. Valle moet dopgehou word en verskuif word as dit nie brommers lok nie.
  7. Lokvalle moet verkieslik weg van paaie of deurgange geplaas word omdat dit as klipgooi teikens gebruik word.

Die leeftyd van Lokvalle en Lokaas (Lucilure)

  1. Die lokvalle se leeftyd is ongeveer 3 jaar. Valle wat in die Wes-Kaap evaluasie gebruik word is reeds 4 jaar en ouer en hulle lyk nog goed. Die doeltreffendheid van die lokvalle neem wel af soos dit ouer word en verbleik.
  2. Die lokmiddels word in twee 50ml en een 80ml botteltjies beskikbaar gestel. Die lokaas botteltjies word in die deksel van die lokval ingedraai om die val te aktiveer
  3. Die lokaas het 'n onbeperkte rakleeftyd met 'n aktiewe lokleeftyd van ± 5 maande.

Gebruiksaanbevelings onder Wes-Kaap toestande

  1. Brommer aktiwiteit is laag gedurende die wintermaande maar behoort steeds onderdruk te word.
  2. Brommers broei in groot getalle in die lente na die eerste paar warm dae uit.
  3. 'n Sneeubal effek ontwikkel met getalle ontploffings wat in normale jare gedurende Oktober/November voorkom.
  4. Die aktiwitiet neem af in die droë somermaande terwyl 'n standaard getalle ontploffing weer gedurende Maart/April verwag kan word. Laasgenoemde is veral van toepassing op die SuidKaap gebied.
  5. 'n Goeie praktyk is dus om lokvalle gedurende Augustus/September te aktiveer en weer in Januarie/Februarie

Verspreiding

Die Lucitrap stelsel word deur BISA in Suid-Afrika bemark met die NWKV as belangrikste begunstigde.

Terug