English/Afrikaans
Tuisblad Biologiese vliegbeheer Luci Trap vir Skaap brommerbeheer Nylon Wolsakke Kontak ons

Gereelde vrae en antwoorde

Is die parasitiese wespe gevaarlik vir mens en vee?

Nee. Dit voed op vliegpapies en reproduseer in vliegpapies. Normaalweg is hulle onopsigtelik.

Watter vliegspesies word beheer?

`n Hele aantal vliegspesies, insluitend die huisvlieg en stalvlieg, wat die belangrikste vlieë in lewende hawe boerdery-ondernemings is.

Waarom `n gereelde loslatingsprogram?

Vlieë teel vinniger aan as parasitiese wespe. Om vlieë effektief te onderdruk is dit noodsaaklik dat parasitoid-getalle gereeld versterk word in `n volgehoue vrylatingsprogram.

Hoe lank voor vlieë beheer word?

Wanneer die wespe losgelaat word sal hul dadelik hul soektog na vliegpapies begin vir beide voeding en reproduksie. Die effek op vlieggetalle mag wel nie dadelik waarneembaar wees nie. Met opvolgende loslatings en die uitbroei van eie nageslag, sal die voorkoms van vlieë afneem. Met die regte aanwending behoort betekenisvolle resultate binne drie maande sigbaar te wees.

Wat is die vereistes vir sukses?

- Neem genoeg parasitoides en laat hulle vry so na as moontlik aan hul prooi - vliegpapies op aktiewe vliegbroeiplekke

- Alle vliegbroeiplekke moet behandel word. Op kleinhoewes sal beter resultate behaal word waar bure saamwerk in die program.

- Beheer volwasse vlieë, maar hou chemikalië weg van die parasitiese wespe op die vliegbroeiplekke.

NB. Kyk mooi na jou parasitiese wespe, dit is lewende organismes. Die hoë hitte in `n toe voertuig sal hulle byvoorbeeld dood - selfs voor uitbroei en nog in die papie-fase!

Terug